Archive for the ‘Kids’ Category

 

News Nuggets Cape Town – 3rd Term

The 3rd quarter newsletter shares the value of cooperation. At HEY! we learn every day how by not always trying to succeed by yourself but by building relations and approach other (including other non-profit organizations) much more and better can be accomplished. In life where everyone mostly just worry about him- or herself and their success and growth, this way of doing things is not the norm, but why not? Jesus gave us the perfect example of giving unconditionally, without expecting something in return and He is doing it mercifully still today! We are encouraged by the quarter gone by’s “connection” events and share them with a joyful heart.

 

Apart from these events which are shared in the newsletter normal operations continue in full swing and our Bible classes to Grade RR to 7 are going from strength to strength! The testimonies of children who make a choice for Jesus and continued positive stories of spiritual growth in children are very encouraging and we honour God for that!

Thanks for your support either input, hard work, financial contributions, prayers and love! We really appreciate it.

We would like to pray this prayer by Arthur Burk as a blessing over you :

“I bless you with divine discontent, that you will always hunger and thirst for new joys, new levels where your Father can reveal  His joy to you.  I bless you with joy beyond any joy you have ever experienced. I bless you to own your birth right fully for yourself, never  to be content with a few drops of joy, but to always want more, just to want the very best that God has for you ”

To read more please follow the link

3rd-term-2016-cape-town

Brokkies Nuus Kaapstad – 3de kwartaal

 

Die 3de kwartaal nuusbrief deel die waarde van samewerking. By HEY! leer ons daagliks hoe deur nie net op jou eie te probeer regkom nie maar verhoudinge te bou en ander (ook ander nie-wins organisasies) te nader soveel meer en beter vermag kan word. In die lewe waar elkeen meesal net oor hom- of haarself en hul sukses en groei bekommer is, is hierdie manier van doen nie die norm nie, maar waarom nie? Jesus het ons tog die perfekte voorbeeld gegee en onvoorwaardelik gegee sonder om terug te vra en doen dit genadiglik steeds vandag!Ons is bemoedig deur die kwartaal wat verby is se “konneksie” gebeure en deel dit graag.

 

Buiten hierdie gebeure wat in nuusbrief gedeel word  is die normale bedrywighede steeds volstoom aan die gang en ons Bybelklasse aan gr RR tot 7 gaan van krag tot krag! Die getuienisse van kinders wie ‘n keuse vir Jesus maak en ook voortdurende positiewe verhale van geestelike groei by kinders is baie bemoedigend en ons eer God daarvoor!

Dankie vir jou ondersteuning hetsy insette, harde werk, finansiële bydraes, gebede  en liefde! Ons waardeer dit opreg.

Ons bid graag hierdie vreugde seëngebed deur Arthur Burk uit “ Seën jou gees” oor jou:

“Ek seën jou met goddelike ontevredenheid, dat jy altyd sal honger en dors na nuwe vreugdes, nuwe vlakke waar jou Vader Sy vreugde aan jou openbaar.  Ek seën jou met vreugde ver bo enige vreugde wat jy ooit ervaar het. Ek seën jou om jou geboortereg ten volle vir jouself toe te eien, om nooit met ‘n paar druppeltjies vreugde tevrede te wees nie, maar om altyd meer te wil hê, om net die heel beste wat God vir jou het te wil hê”

Om meer te lees volg die skakel

 

3de-kwartaal-2016-kaapstad

 

Brokkies Nuus Gauteng – 3de Kwartaal

Dit was voorwaar ‘n woelige kwartaal in Gauteng met sy eie uitdagings en verwikkelinge.

Ons is God voorwaar dankbaar vir elke vrywilliger wat ons help om die Woord van God op sulke oulike vars maniere uit te dra aan die kinders.

Volg die skakels om die onderskeie nuusbriewe te lees

 

3de-kwartaal-2016-brenties-gr-r

 

 

 

 

 

 

 

 

3de-kwartaal-2016-brenties-gr-1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3de-kwartaal-2016-ora

 

Uitreik by Helderberg Natuur reservaat 2013

Beste ouers

Verlede week die tyd was ons opgewonde oor die uitreik maar tog effens benoud aangesien soveel voorbereiding ingegaan het en ons gebid het vir ‘n 100% suksesvolle uitreik vol pret en Jesus-liefde..

God het werklik Sy sluise oopgemaak en ons geseën met wonderlike weer, gelukkige kinders, lekker eetgoed, genoeg koek en JC’s vir almal, Mammas wie flink kinders aangery het…om nie eers van die ruimhartige donasies te praat nie!!!

Ai hoe kan mens genoeg dankie sê aan ons Hemelse Vader!

Volg die skakel om die Nuusbrief te lees……

 

Uitreik in Somerset Wes – November 2012

Hier is brief oor Dinsadg se uitreik asook heelwat foto’s om te geniet!

Dit was wonderlik en ek wil ‘n reuse dankie sê aan almal wie bygedra het tot die sukses!

Volg die skakel om die nuusbrief te lees

VBS – Brentwoodpark Laerskool – 2012

Volg die skakel om die nuusbrief te lees

Brokkies Nuus – Februarie 2012

Hier is die nuutste Brokkies Nuus. Daar is eintlik te veel vir een briefie maar hierdie is ‘n baie kort opsomming van wat gebeur het die laaste ruk!

Ons belofte uit die Woord: Spreuke 14:26 “wie die Here dien, het daarin ‘n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling”

Om verder te lees volg die skakel

Beaumont Laerskool Uitreik 2011

Hier is nuusbriefie met paar foto’s van verlede week se uitreik by die Helderberg Natuurreservaat. Dit was wonderlik gewees en ons was geseën met goeie weer en gelukkige gesiggies.

Geniet die Nuusbrief!  Volg die skakel om verder te lees.

Beaumont Kinderkuns – Gr 3

Van tyd tot tyd kry ons maats wat teken wat hul sien en ervaar tydens ons aanbiedings.

Hierdie was weer een waar tannies Celeste en Michelle die klas aanbied.  Tog te pragtig.  Kyk ons wonderlike “banner” soos deur die oe van ‘n kind!!

 

Kinderkuns vanuit Beaumont Laerskool

Ons kry gereeld oulike tekeninge om HEY uit te beeld.  Ons probeer so gereeld moontlik van dit plaas op die blog.

Dis pragtig en beteken vir ons altyd baie!

 
css.php