Archive for the ‘News’ Category

 

Bybelse inspirasie – Mei 2011

Die Helderberg natuurreservaat is een van die juwele van die Kaap waar jy diep kan asemhaal. Dis ‘n spesiale plek waar God se handewerk sigbaar is en Sy stem hoorbaar is as jy net gaan stil raak! By elke besoek is ‘n ander plant in blom en kan jy jou ure verlustig aan al die mooi! Maar op 16 April het verterende vlamme verwoesting gesaai en is ‘n groot deel van die reservaat afgebrand. Om daar te gaan stap was ‘n vreemde ervaring en foto links wys hoe groot dele afgebrand het. Die swart gebrande natuurskoon het aan my hart geruk maar my ook laat dink…

Lees verder hier

Brokkies Nuus – April 2011

Aangeheg vind asseblief hierdie maand se Brokkies nuus. Daar is soveel om voor dankbaar te wees en mense soos julle se ondersteuning maak dit moontlik vir ons om ons werk met vreugde te doen soos Kolosssense 3:23 ons beveel “wat julle ook al doen, doen dit van
harte soos vir die Here en nie vir mense nie”

Mag hierdie teks ook as inspirasie dien vir jou in die tyd van terug skool en werk toe waar werksdruk en verantwoordelikhede soms net te veel voel !

Volg die skakel

Hey prospectus

DOWNLOAD OUR PROSPECTUS HERE

web_thumb

 

Dankbaar!

Watter groot voorreg was dit nie vir my om danksy Mergon Foundation se borg wat ons gekry het ‘n splinternuwe Laptop aan Vanessa Hansen wat vir ons al die klasse in Lawrencia Laerskool waarneem te kon oorhandig nie.  Ons het besluit dat dit noodsaaklik is om haar toe te rus en sodoende haar wonderlike werk daar te kan uitbrei.  Haar gesig toe sy besef wat besig was om te gebeur was onbeskryflik.  Sy kon nie glo dat so iets met haar kon gebeur nie.  Dankie!

Ons is ook baie dankbaar vir die nuwe Projektor wat ons kon aankoop om die bediening op die pad meer suksesvol te kan behartig.  Ons moet baie aanbiedings doen aan groot groepe terwyl ek die langpad neem, asook film vertonings tydens kampe ens.  Ons kan nou die Here se werk met soveel meer hulpmiddele verrig.  Dankie dit maak ons werk regtig makliker!  Ons glo dat God in beheer is en kyk net hoe fantasties sorg Hy vir ons!

Brokkies Nuus – 29 Maart 2011

Belinda het die voorgestelde boodskap gebring oor die vermeerdering van die brode en visse min wetend dat ons “die vermeerdering van die koek” self sou ervaar!

Volg die skakel om meer te lees

HEY! WE NEED YOU!

Volunteers (moms & dads) needed to help with the exciting gospel program Hope 4 Kids for gr 4’s in Beaumont Primary School – Somerset West
 
On Thursdays from 8h00 to 9h00 Hope 4 Kids will be presented at school.  We need passionate parents to get involved in helping with these presentations every Thursday.  Training will be provided by qualified EEIII facilitators to equip you.  This is a life changing course and we will equip you to lead others to the Lord and help children to do the same!

Can CHILDREN really understand the gospel and be enthusiastic to tell other about Jesus Christ?

YES, THEY CAN! But they need us to show them how!

Children have a need to :

  • understand the gospel,
  • to have a personal relationship with Jesus Christ,
  • have the ability and knowledge to share the Gospel with family and friends.

 

What does the Kids EE program achieve?

  • It explains the Gospel in a humorous and adventurous way to the children,
  • leads them to a strong knowledge of the saving we have in Jesus Christ
  • equips them to share their believes with others.

 

We are receiving excellent feedback from parents whose children are involved in the Kids EE workshops..

We are looking forward with great expectations to hear from you.  We need your help to get these grade 4’s equipped!

Enquiries can be directed to:

Celeste Steinmann from Hey! at 082 322 5299 or celeste@hey.org.za

Please print the following flyer to hand to your friends or anyone you think will be able to help.

Gebedsbrief 3 – Maart 2011

 

1.  Lofprysing

Ps. 145:1 – “Ek wil u lof verkondig, my God en my Koning, ek wil u Naam altyd prys.  Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik”

 Ek kom verklaar dat:  

–  God, Jesus en Heilige Gees die enigste lewende God is

–  God my God is, die een wat my beplan het en ‘n plan vir my lewe het

–  God koning van die heelal en van my lewe is 

–  Ek wil sy Naam groot maak , Hom loof en prys vir wie Hy is! (Ps. 145:8-9)

–  Genadig en barmhartig

–  Lankmoedig en vol liefde

–  Goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het

2.  Sondebelydenis

Ps. 51:3 – “Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredinge uit in u groot barmhartigheid!  Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde”

–  Vra die Heilige Gees om onbelyde sonde uit te wys

–  Bely sonde en vra God om uit sy genade my sonde te vergeef 

Ps. 51:12 – “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig”

–  God reinig my van sonde,  skep vir my ‘n rein hart

–  Vernuwe my gees en maak my standvastig sodat ek nie weer hierdie sonde sal doen nie, dankie, Pappa Vader

3.   Gebed versoeke

Dank God vir die volgende –

a)   Die registrasie van Hey as ‘n artikel 21 maatskappy en dit wat daar uit gevolg het, soos die opening van ‘n bankrekening.

b)  Vir elke oop deur en nuwe geleentheid in 2011

       – Laerskool Beaumont

       – Laerskool De Hoop

       – Somerset-Wes Primer

       – Die Pêrel projek

       – Laerskool Lawrencia

       – Hebron Christen Skool

c)   Vir elke persoon wat help met die bediening – Belinda, Celeste, Vanessa, Ursula, Liz-Mari, Henriette, Michele, Marjorie, Lise en  Nicole

d)  Vra God om sy planne vir Hey te openbaar, wat Sy wil met die bediening is,  hoe die saad gesaai moet word, hoe dit bemes moet word en wanneer om water te gee.  Besonderse insig vir die mense wat bedien.

Amos 3:7 – “Surely the Sovereign Lord does nothing without revealing his plan to his servants the prophets.

e)   Beskerming, fisies en geestelik, vir elke persoon betrokke by Hey.

O Vader, beskerm elke persoon betrokke by Hey van die listige planne van Satan.  Stuur U engele om hulle te beskerm waar hulle werksaam is om nuwe grondgebied vir U in te neem.  Satan en sy planne is nie  aan my onbekend nie en vra ek in die naam van Jesus Christus vir beskerming vir elkeen van die persone wat weekliks help met hierdie bediening.”

 4.   Seën

Efes. 6:14  “Bly op julle pos,  toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak van God as borsharnas, en bereidheid om die evangelie te verkondig as skoene aan die voete.  Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê….Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.”

Seën jou, Hey!, om toegerus met God se wapenrusting die geveg te stry.  Mag julle deur die genade van God op julle pos bly staan, grondgebied in neem, soos Hy dit beplan.   Amen.

BYBELSE INSPIRASIE – MAART 2011

Die klank van ‘n kabbelende rivier stem mens mos sommer rustig en laat jou fokus op die mooi van die skepping!  ‘n Stappie met die honde by Lourensrivier op ‘n Sondag help om die batterye te herlaai vir die week wat voorlê.  As winterreëns die rivier sterk laat vloei is dit groot pret om met ‘n binneband stroomaf te dryf.  Om krappe te soek in die rivier is groot pret! Het jy al jou eie rivierklippe uitgesoek wat vir jou mooi is?  Riviere is wonderlik vir verskeidenheid redes.  Maar het jy al ooit aan die lewe gedink as ‘n rivier?

Volg die skakel om verder te lees.

BROKKIES NUUS 23 FEBRUARIE

Terugblik op die eerste maand en dinge waarvoor ons kan bid of dankie se!

1.  Belinda – KEE kliniek in Stellenberg

2.  Perelprojek se kinders begin weer

3.  CIK!  Nuut by De Hoop!

4.  Hebron Christen Privaatskool

5.  Laptop Getuienis

Volg die volgende skakel as jy meer omtrent bogenoemde wil lees:  NUUSBRIEF

Bybelse Inspirasie Februarie 2011

Bybelse inspirasie vir Hey! se getroue vrywi l l iger,vennoot & vriend; Februarie 2011 se uitdaging is:

FOKUS OP JOU LEWENSDOEL EN KRY JOU BOOT UIT DIE HAWE!

Volg die link om verder te lees

 
css.php