Archive for the ‘News’ Category
Brokkies Nuus Mei 2012
Goeiedag!
Hier is die Brokkies Nuus van die afgelope maand.
Ek wens daar was meer plek vir foto’s van al die wonderlike kinders wie ons weekliks bedien maar een A4 is net te min! Daar is 3 foto’s van die groepleiers en vrywilligers wie basies die hande en voete is. BAIE DANKIE aan elke persoon wie help op watter manier ookal.
Volg die skakel om meer te lees
Brokkies Nuus April 2012
Die skole het heropen en ons is omtrent volstoom aan die gang.
Volg die skakel om die Nuusbrief te lees
Brokkies Nuus Maart 2012
Hier is Maart se Brokkies Nuus.
Weereens besef ek net hoe God voorsien en hoe ons Hom maar net kan loof en prys vir Sy goedheid…veral in die Paastyd waar mens so bewus raak van die groot genade dat Jesus gely het aan die kruis vir ons sondes sodat ons vir ewig kan lewe!
Volg die skakel om die Nuusbrief te lees
Bybelse Inspirasie – Maart 2012
Hier is Maart se Inspirasie e-pos. ‘n Kombinasie van ‘n foto en ‘n lied inspireer my die maand. Die tema van die brief is “meer van U Jesus!” wat ek seker is ook die begeerte van jou hart is.
Geniet die welverdiende ruskans na ‘n vinnige en propvol eerste paar maande van 2012. Word weer bewus van Jesus se onvoorwaardelike liefde in die Paastyd en mag die kruis en opstanding sentraal staan vir jou!
Volg die skakel om Inspirasie te lees
Brokkies Nuus – Februarie 2012
Hier is die nuutste Brokkies Nuus. Daar is eintlik te veel vir een briefie maar hierdie is ‘n baie kort opsomming van wat gebeur het die laaste ruk!
Ons belofte uit die Woord: Spreuke 14:26 “wie die Here dien, het daarin ‘n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling”
Om verder te lees volg die skakel
Brokkies Nuus Januarie 2012
Hier is die eerste “Brokkies Nuus” vir 2012! Daar is al heelwat nuus en baie nuwe uitdaging.
Mag hierdie die jaar wees waarin Jesaja 60:1 sal waar wees vir Hey! maar ook vir jou: “Laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring”
Volg die skakel om verder te lees!
Beaumont Laerskool Uitreik 2011
Hier is nuusbriefie met paar foto’s van verlede week se uitreik by die Helderberg Natuurreservaat. Dit was wonderlik gewees en ons was geseën met goeie weer en gelukkige gesiggies.
Geniet die Nuusbrief! Volg die skakel om verder te lees.
Bybelse inspirasie vir November 2011
Hier is die Bybelse Inspirasie wat gaan oor vrees en hoe ons soos Dawid teen die leeus /vrese in ons lewe moet opstaan en met God dit oorwin!
Geniet die laaste stukkie van die skoolkwartaal en sterkte vir almal wie eksamen skryf (self of as ouer wie ondersteun!)
Volg die skakel om verder te lees
Brokkies nuus – Oktober 2011
Hier is die Brokkies nuus van wat die laaste maand gebeur het sedert ons vorige briefie.
As die druk van die jaar te veel raak is Matteus 11:28-29 vir jou: “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle…Ek is sagmoedig en nederig en julle sal rus kry vir julle gemoed”.
Lees gerus wat hierdie maand in HEY! se lewens gebeur het.
Volg die skakel om verder te lees en los gerus ‘n bietjie positiewe komentaar!


