Archive for the ‘News’ Category
Zambia Uitreik Nuusbrief
Eerstens wil ons net aan God al die eer gee vir die voorreg wat Hy ons gegee het om Sy werk te kan gaan doen in Zambia.
Dit was sowaar vir ons ‘n voorreg.
Ons wil dan ook graag aan almal wat ons ondersteun het dankie se! Elke sent wat jy gegee het om iemand op die span te borg, elke gebed wat jy gebid het, elke item wat jy geborg het, selfs die regstaan met vervoer, daar is so baie…. DANKIE!!!
PDD, Strand Omgeegroep, Ben Marais, Dr P van Jaarsveld, Andre & Yolande Gouws, EG Kerk Benoni Gemeente, Magda en Andre Gouws, Ouma Joey, Martin, Chris Bester, Oom Rocci, Ouma Soetie, Rialize
Paarl TV (Natalie De Kandia), Arch Bar Noorder Paarl (Freddie Siebrets), Jan Labuschagne, Oupa Freddie Hennig, Oupa Hannes Steyn
Jan & Winita Mostert, Tygerberg Pools, Pools for Africa (Derek & Tracy Teppler)
Spesiale dankie aan die ouers en wederhelftes: Sharon en Andrea Hennig, Abe en Corne Spies, Jan & Mari White, Dirk & Werner Bothma
Ek hoop nie ek het iemand uitgelos nie. Daar was so baie wat direk en indirek betrokke was – BAIE, BAIE DANKIE!!!
Gaan lees ook die span se getuienisse onder die “Testimonies” afdeling.
Nou uiteindelik kan jy gaan lees wat ons alles in Chingola gemaak het. Volg die skakels om verder te lees!
Ons is ook beskikbaar om te kom getuig in jou skool of kerk. Kontak my gerus.
Bybelse Inspirasie vir Oktober 2011
Hier is hierdie maand se Bybelse inspirasie wat gaan oor God se teenwoordigheid, hoe om dit te vind en daarin te bly.
Wil jy ook in Sy glorie en teenwoordigheid leef elke dag?
Lees dan verder! Volg die skakel om verder te lees….
Mag hierdie ‘n opwindende laaste stukkie oppad na 2011 se wenstreep
wees vir jou waarin jy sommer daagliks naby Jesus sal lewe.
Gebedsbrief – 4
Soos geskryf vir ons deur Hettie van Rooyen
Lofprysing
Ps. 135:5 – “Ek weet die Here is groot, ons Here is groter as al die gode. Die Here doen wat Hy wil, in die hemel en op die aarde, op die see en in die diepste oseane ”
Ek kom eer God
– vir sy almag en grootsheid, groter as wat ek kan dink
– vir sy alomteenwoordigheid, God weet van alles en almal oor die hele aarde
– Dat tyd en tye, nou en die toekoms, in sy hande is en Hy sy plan volvoer hier op aarde maar ook in die hemel
– Dat God ook in beheer van die geestes dimensie is, dit wat ons nie nou kan sien nie, wat ‘n invloed op ons het.
Sondebelydenis
Ps. 24:4 – “Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom kom staan? Die een wie se hande rein en wie se hart suiwer is..”
– Vra die Heilige Gees om sonde uit te wys wat ons doen deur ons optrede asook sonde wat ons in ons hart bedink (wat niemand van weet nie).
– Pappa, Vader ondersoek my wese en reinig my, maak my bewus van sonde sodat ek rein voor U kan staan.
Gebed versoeke
Dank God vir die volgende –
– Die ontvangs van die Sertifikaat van nie-winsgewend organisasie
– Vir alle beskikbare hulpbronne
– alle finansies wat beskikbaar kom vir Hey!
– alle mensehande wat bereid is om te help
– alle materiaal – lesse, asook uitdeel materiaal aan die kinders en eetgoed
– Vir nuwe geleenthede soos Lochnerhof en die uitreik Zambië toe.
Vra dat God se wil bekend sal wees vir elke bediening in Hey!.
Ps. 127:1 – “As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, tevergeefs waak die wagte.”
“ O, Pappa Vader, ons bid vir U teenwoordigheid in elke faset en bediening in Hey! Ons weet dat die Woord wat aan kinders verkondig word niks in hul lewens sal verander as dit nie U plan en wil is nie. Daarom vra ons om U stem te hoor en U wil te ken, U tydsberekening van te weet, vir Hey! Ons bid U seën af op die Woordverkondiging aan elke kind wat deur Hey! bedien word. Ons bid dat die Woord op goeie grond sal val.
(Mat. 13:23 – “ Hulle by wie op die goeie grond gesaai is, is die wat die boodskap hoor en verstaan. Hulle dra vrug en bring ‘n oorvloedige oes voort..” ).
Ons vra dat U, dit wat in die weg staan, om kinders ontvanklik te maak vir U Woord uit die weg sal neem (Mat.13: 18-23)
Die Woord nie gesteel sal word deur die vyand nie(saad wat op die voetpad val)
Dat as kinders die Woord begryp en verstaan, hulle sal vasstaan en volhard en nie later sal moeg word om in verhouding met U te leef as die druk van die wêreld te veel word nie. (saad tussen die klippe)
Die bekommernisse en die verleiding van rykdom sal keer dat die Woord vrugte dra. (saad tussen die dorings)
Seën
Deut. 28:7 “Die Here sal jou vyande oorwin wanneer hulle jou aanval. Hulle sal jou van uit een rigting aanval maar sal in sewe rigtings vlug. Die Here sal jou seën in alles wat jy doen en Hy sal jou graanskure volmaak met graan. Die Here sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee.”
God, beskerm U Woord en elke werker wat met U Woord bedien binne Hey!. Mag die vyand in sewe rigtings vlug op elke aanval wat Hy loods. Voorsien in elke behoefte wat ontstaan binne Hey! en Here seën die rondgebied wat U reeds aan Hey! gegee het.
Amen
Bybelse Inspirasie vir September 2011
Hallo!
Aangeheg vind asseblief Hey! se Inspirasie Nuus. Dankie vir jou volgehoue ondersteuning, dis kosbaar!
Dankie vir julle gebede verlede week asook vir die koek of fondse voorsien vir die uitreik na Lawrencia dit was wonderlik geseënd. Ek stuur later foto’s daarvan.
Die Hope 4 Kids opleiding in Simondium met die Koreane was ook fantasties, Belinda het dit geniet.
Goeie nuus is dat Lochnerhof volgende jaar Hey! se geestelike programme gaan implementer en ons sal help daarmee asook om mense toe te rus om aan te kan bied. Direkte betrokkenheid sal by die gr4 tot 7 klasse, wees dus 16 klasse. Graad 1 tot3 se onderwysers sal leiding neem maar ons sal hulp verleen om die bal aan die rol te kry! God is getrou!!
Geniet die klippe inspirasie en as jy weer op die strand klippe optel dink na oor die klippe waarhede in die Skrif!
Volg die skakel om die klippie inspirasie te lees.
Brokkies Nuus Augustus 2011
Wonder jy wat gebeur tydens Hey! se lesse?
Omdat “Brokkies Nuus” daar is om ons getroue donateurs, bidders, vriende en familie op hoogte te hou gee ons so ’n kykie agter die skerms! Die volgende moet in ag geneem word by aanbieding:
Volg die skakel om verder te lees
Bybelse Inspirasie – Augustus 2011
In Mei maand se Inspirasie nuusbrief het ek die swart gebrande Helderberg natuurreservaat gewys en gevra hoe jou verhouding met die Here lyk: “swart gebrand en dood of lowergroen en lewend”? Sedertdien was ek gereeld in die berg en kon met vreugde sien hoe die lowergroen weer tussen die swart stamme begin kop uitsteek en groei na die winterreën soos op die foto?s. Tydens die Awaken vroue konferensie het die Here my duidelik „n beeld gegee van die berg en hoe die swart, dooie deel stadig begin groen word en toe begin daar bome groei aan die kant wat erg gebrand was. Die bome was pragtig met dik stamme en takke wat so hoog uitgestrek het, ver bo die bergtoppe verby. Raai wat? Die bome was nie fynbos soos verwag nie maar Bosveldbome! Wat sou die betekenis hiervan wees?
Om verder te lees volg die skakel
Bybelse Inspirasie – Julie 2011
Hier is die maand se Inspirasie e-pos. Vir die wat naby die berge gaan wees is daar ‘n vers om aan vas te hou en vir die wat tyd in die bos
of Wildtuin spandeer ook ‘n vers om jou te laat dink!
Dankie vir jou ondersteuning. Bly asseblief bid vir wysheid, krag en energie vir elkeen wie deel van Hey! se span is.
Kliek hier om verder te lees.
Brokkies Nuus vir Junie 2011
Hier is die maand se Brokkies Nuus e-pos. Vir die wat bietjie weggaan, mag julle veilig reis en die batterye laai!
Dankie vir jou ondersteuning. Bly asseblief bid vir wysheid, krag en energie vir elkeen wie deel van Hey! se span is.
Volg die skakel om te sien wat het die maand gebeur!
Bybelse Inspirasie Junie 2011
Brokkies Nuus – 20 Mei 2011
Bid asb. saam vir Belinda vir die volgende:
1.Volgende week bied sy Kinder EEIII kliniek in Riebeeck Kasteel aan
2.Sy neem Agter Paarl se Kinder Pinkster die week daarna waar.
Bid asseblief vir elkeen betrokke by Hey! vir wysheid en leiding van die Heilige Gees vir elke dag se aanbiedings!
Geniet die nuus deur op die skakel te kliek

